Welkom by
Die Volle Waarheid
Hier is heelwat materiaal beskikbaar om gratis af te laai.
Kies uit die volgende:
MP4 [Video]
MP3 [Audio]
Studie Materiaal [PDF]




Meer oor DVW
Ons lewe in ‘n tyd waar dit baie moeilik is om te onderskei wat waarheid is. Ons weet ook dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. In 2Timótheüs 3 word die toestand van die mens in hierdie tyd beskryf. Hulle sal leer en nooit tot ‘n kennis van die waarheid kom nie. Daar is hoop! Die Here nooi ons in Jeremia 6:16: “Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel….
Hier by Die Volle Waarheid poog ons dus om u te help om terug te keer na u Bybel en te soek na die waarhede wat God vir ons in Sy Woord opgeteken het, sodat ons kan sin maak uit dit wat om ons gebeur. Ons poog ook om saam met u gereed te maak vir die naderende koms van ons Here Jesus Christus wanneer ons rus sal vind vir ons vermoeide siele. Jesus is immers “die Weg en die Waarheid en die Lewe” deur wie ons by die Vader kan kom. [Johannes 14:6]
Weergalose Waarhede
Die grootste behoefte in die wêreld is die behoefte aan mense – mense wat nie gekoop of verkoop kan word nie, mense wat in hul diepste wese getrou en eerlik is, mense wat nie vreesom sonde by die regte naam te noem nie, mense wie se gewete so getrou aan plig is soos die naald aan die pool, mense wat standvastig sal staan vir wat waar en suiwer is al val die hemele.
[Education, page 57.3 – EG White]
Opsies Beskikbaar op hierdie bladsye
Laai af in MP4, MP3 en PDF
